Minder as 30 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (12), Khâi Mai (8),  Hantam (6) en Karoo Hoogland en Kamiesberg een onderkeidelik elk."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 28 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (12), Khâi Mai (8),  Hantam (6) en Karoo Hoogland en Kamiesberg een onderkeidelik elk.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 11 878, die sterftesyfer is 118, met 9 996 genesings en diè distrik het 1 764 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 520 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 82 674.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 005.

Sowat 72 524 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 143  aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.