Minder as 5 Kovid-19 gevalle aangeteken vir Namakwa-distrik

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 382, met 4 796 genesings."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 3 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Een onderskeidelik vir Namakhoi regsgebied, Hantam en Khâi-Ma plaaslike munisipaliteit onderskeidelik.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 382, met 4 796 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 65 en dit laat diè distrik met 521 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 148 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 42 327.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 938.

Sowat 36 929 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 458 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.