Misdaadvoorkomingsoperasie teiken Kby SSK

"Die SAPD is bygestaan deur die SANW, die Provinsiale Drankraad, Immigrasie van Binnelandse Sake, Sol Plaatje Sekuriteit en ondersoekers van vervalste en onwettige handel."

0

‘n Multidissiplinêre ontwrigtende misdaadvoorkomingsoperasie was uitgevoer in die Kimberley sentrale sakekern(SSK).

Dit het plaasgevind op die 1 September 2021.

Die SAPD is bygestaan deur die SANW, die Provinsiale Drankraad, Immigrasie van Binnelandse Sake, Sol Plaatje Sekuriteit en ondersoekers van vervalste en onwettige handel.

“Die operasie fokus op  soektogte in die Craven Street Taxi Rank. Talle stalletjies by die taxistaanplek is deursoek vir die onwettige besit of verkoop van dwelms, gesteelde goedere, vervalste handelsmerke, algemene misdaadvoorkoming en stop en deursoeking van voertuie en persone,” het die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Tessa Jansen gesê.

Die Provinsiale Drankraad het gehelp met die nakoming van inspeksies by die drankwinkels en binnelandse sake het gefokus op die wettige asielpermitte van buitelanders wat by die stalletjies gevind is.

Terselfdertyd is twee voertuigkontrolepunte (VCP’s) in die SSK uitgevoer.

Jansen het gesê dat ‘n 27-jarige vrou inhegtenis geneem is vir die besit van Mandrax met ‘n geraamde straatwaarde van R350.

Handelsnaam vervalste goedere ter waarde van R250 000.00 is by verskillende stalletjies gekonfiskeer.

Boetes ter waarde van R6 000 is aan die stalletjie-eienaars uitgereik.

Verkeersboetes ter waarde van R1 350 is by die VCP uitgereik en 160 voertuie is in die middestad gestop en deursoek en 271 persone is deursoek.

Leave A Reply

Your email address will not be published.