Miss Fierce steeds in goeie gees, na sy positief toets vir COVID-19

0

Skepsels, skepsels, soos sy alombekend is, Sherwin Gall, oftewel Miss Fierce het verlede Donderdag positief getoets vir COVID-19.

Sy is tans in self-isolasie, tuis op Nababeep.

Miss Fierce het aan NFM Nuus bevestig dat sy vroeër verlede week begin simptome ervaar het.

Sy het onmiddelik haar kontak met mense verminder en ‘n COVID-19 toets gedoen.

“Miss Fierce het die toets as ongemaklik beskryf, en ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om asseblief veilig te wees en die gesondheidsprotokolle noukeurig en deeglik te volg.”

Miss Fierce

Miss Fierce is in goeie gees en grap nog al aan.

NFM Nuus wens Miss Fierce n spoedige herstel toe, en vra dat gemeenskappe asseblief op hul hoede moet bly om die verspreiding te bekamp.

NFM doen verder ‘n beroep op luisteraars om nie COVID-19 pasiënte te stigmatiseer nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.