Mites rakende Albinisme moet gestuit word

"Melanien is 'n integrale deel van die ontwikkeling van die vel-, hare- en oogkleur, maar dit is ook noodsaaklik vir die ontwikkeling van 'n gesonde visie. "

0

Septembermaand word beskou as Albinismebewustheidsmaand, om bewustheid te verhoog oor die regte van persone met albinisme.

Dit is om stereotipes, vooroordele, skadelike praktyke en oortuigings te bekamp wat hul genot van menseregte en deelname aan die samelewing op gelyke grondslag belemmer.

Albinisme is ‘n relatief skaars, nie-aansteeklike, geneties oorerflike toestand wat wêreldwyd voorkom, ongeag etnisiteit of geslag.

Albinisme word steeds sosiaal en medies misverstaan.

Op die oomblik is die land gefokus op geslagsgebaseerde en Xenofobiese geweld.

Alhoewel hierdie kwessies steeds dringende optrede en groot openbare aandag moet geniet, kan die skending van menseregte teen mense met Albinisme ook nie agterweë gelaat word nie.

Die internasionale nie-regeringsorganisasie, NOAH, merk op dat: “Hoewel daar baie mense met Albinisme is wat die term “Albino” aanvaar het, is dit die beste is om die persoon eerste te stel as hulle met enige toestand te doen kry.

Melanien is ‘n integrale deel van die ontwikkeling van die vel-, hare- en oogkleur, maar dit is ook noodsaaklik vir die ontwikkeling van ‘n gesonde visie.

Dit is egter ‘n mite dat mense  met Albinisme nie bedags na buite mag of kan gaan nie.

Wat egter ‘n feit is, is dat hulle wel die nodige voorsorg moet tref vir hul vel teen die son.

Die regering is daartoe verbind om mense met Albinisme te ondersteun.

  • Persone met Albinisme is sensitief vir helder lig en daar is aansienlike siggestremdheid by die meerderheid mense met Albinisme.
  • Ons moet verseker dat kinders met Albinisme die nodige ondersteuning en fasiliteite in skole kry.
  • Ons werk daaraan om te verseker dat persone met Albinisme toegang het tot relevante gesondheidsopvoeding, sonskerm, beskermende klere, bril en mediese behandeling.
  • Ons moet verseker dat TVET-kolleges en universiteite voldoende en tydige ondersteuningsdienste bied aan studente met albinisme.

Suid-Afrikaanse Albino Super Model, Thando Hopa

Ons het almal ‘n rol in die skep van ‘n beter môre.

Leave A Reply

Your email address will not be published.