Mokala-park is ‘n lowergroen paradys na die goeie reëns

0

Die Mokala Nasionale Park is omskep in ‘n lowergroen wonderwêreld as gevolg van die bogemiddelde reënval wat ontvang is, in vergelyking met ander jare.

Die gebied het ‘n totaal van 853,9 mm reën tot dusver ontvang.

Hierdie buitengewone reënseisoen het die oop, plat en geel grasvelde verander na ‘n groen paradys.

Die kommunikasie bestuurder by Aridparks, SanParke, Genevieve Maasdorp, sê hierdie malariavrye park huisves ‘n aantal seldsame, en bedreigde spesies.

Dit dien ook as ‘n belangrike bewaringsgebied vir siektevrye buffels en kwesbare spesies soos die brulbok, die ontwykende swartwitpens en die tsessebe, wat die vinnigste wildsbokke is.

“Die Park bied ook wonderlike historiese en kulturele terreine. Die rotskuns binne die park is alles van ongetwyfelde wetenskaplike belang, en is ook ‘n belangrike kulturele hulpbron.

Feitlik al die gravures voldoen aan die San-tradisie van rotskuns.

Om hierdie pragtige park in al sy glorie te ervaar, bespreek kan u aanlyn bespreek by www.sanparks.org.

Let daarop dat Sanparke aan streng Covid-19-regulasies voldoen.

Leave A Reply

Your email address will not be published.