Moord en Versekeringsbedrog op Douglas

0

‘n 30 jarige man is in hegtenis geneem vir die moord op ’n 27 jarige man.

Op 27 Januarie 2021 is die lyk van die oorledene deur ‘n verbyganger in op Breipaal, Douglas, ontdek.

Op 29 September 2021 het die polisie inligting opgevolg en die manlike verdagte by sy huis in Breipaal, Douglas, in hegtenis geneem, sê ’n polisiewoordvoerder Kaptein Sergio Kock.

Daar word beweer dat die moord verband hou met versekeringsbedrog.

Meer arrestasies volg.

Die provinsiale georganiseerde misdaadspeurders het ‘n tweede manlike verdagte (49) in verband met die dood van die oorledene in hegtenis geneem.

Op 13 Oktober 2021 het die polisie inligting opgevolg en die verdagte op Douglas in hegtenis geneem.

Die eerste verdagte, Melton Mohemo, is onlangs in hegtenis geneem en het in die Douglas-landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel tot 18 Oktober 2021 vir ‘n formele borgtogaansoek.

Die tweede verdagte sal op 15 Oktober in die Douglas-landdroshof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.