Moordverdagte inhegtenis

"Die verdagte het van die toneel na die Noord -Kaap gevlug."

0

‘n 45 -Jarige man wat gesoek word vir moord, poging tot moord en huisbraak in Delft in die Wes -Kaap, is vanoggend, Vrydag, 17 September 2021 in Daniëlskuil in die Noord-Kaap aangekeer en in hegtenis geneem.

Kaptein Sergio Kock, ‘n polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap het bevestig dat die verdagte in die vroeë oggendure van 1 September 2021 by ‘n huis in Delft ingebreek het, ‘n paartjie met ‘n panga gekap en die man en die vrou was in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Die verdagte het van die toneel na die Noord -Kaap gevlug.

“Sersante Bradley Lemmetjies en Feroza Adams van die Noord-Kaapse SAPD spoorspan en reservis sersant Jim Williams van Delportshoop SAPD het inligting opgevolg en verskeie huise in Daniëlskuil deursoek. Die verdagte is aangekeer nadat hy by ‘n huis in Sloya in Daniëlskuil weggekruip het”, het Kaptein Kock gesê.

Brigadier Nicky Mills, hoof van gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in die Noord-Kaap, het die opsporingspan geprys vir hulle deursettingsvermoë wat gelei het tot die suksesvolle opsporing van die verdagte.

Die SAPD se provinsiale bestuur in die Noord-Kaap het die drietal geprys vir hul vinnige optrede wat tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei het en ook die gemeenskap bedank wat die oë en ore van die polisie was.

Leave A Reply

Your email address will not be published.