Mothibistad SAPD ondersoek moordsaak

"‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap Adjudant-Offisier, Mosimaneotsile Letsapa, het bevestig dat niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort."

0

Die polisie in Mothibistad ondersoek ‘n moordsaak nadat die liggaam van ‘n 17-jarige vrou op Dinsdag, 2 November 2021 omstreeks 10:15 in die veld by Diamond View buite Mothibistad gevind is.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap Adjudant-Offisier, Mosimaneotsile Letsapa, het bevestig dat niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

“Enigiemand met inligting rakende hierdie moordsaak kan die ondersoekbeampte, adjudant offisier Jood by 076 413 1845 of via die MYSAPS-toepassing kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” het Adjudant-Offisier Letsape gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.