Motoriste aangeraai om tenke voor middernag vol te maak

0

Met die verwagte styging in brandstofpryse later vandeesweek, word motoriste nou al aangeraai om hul tenke vol te maak.

Die gemiddelde brandstofpryse het wêreldwyd verhoog en dit lei daartoe dat dié pryse in Suid-Afrika, om middernag vanaand ook sal styg.

Die departement van minerale bronne en energie, het ‘n toename van vyf sent in albei grade van 93 (ULP en LRP) 95 (ULP en LRP) aangekondig.

“Van môre af, sal ‘n liter 95 ULP, wat tans R15.12 sent kos, styg tot R15.17 per liter.”

Intussen verhoog albei grade diesel met 45 sent per liter.

Die prys vir die verligting van paraffien sal met 39 sent styg.

Die departement maak bekend dat die rand in die betrokke tydperk teen die dollar verstewig het.

“Tussen 26 Junie en 30 Julie 2020, het dit teen gemiddeld R16.82, in vergelyking met R17.12 van die vorige tydperk, verhandel.”

Volgens die department kon dit egter nie die styging in brandstofpryse, teenwerk nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.