Motoriste het tot vandag om hul motolisensies te hernu

0

Motoriste wie se motorlisensies tussen Maart en Mei vanjaar verval het, het tot vandag tyd gehad om dit te hernu.

Die departement van vervoer, veiligheid en skakeling, het die hernuwing van lisensies vroeër vanjaar uitgestel tot vandag.

“Dis as gevolg van die nasionale grendelstaat, wat die departement hierdie besluit moes neem.”

Die Padverkeersbestuurskorporasie sê diegene wat hul motorlisensies na die grasietydperk hernu, sal ‘n boete moet betaal.

Hierdie boete word bereken teen tien persent van die jaarlikse lisensiegeld vir elke maand sonder ‘n skyfie.

Benewens hierdie boete, kan motoriste ook ‘n boete van tot R1 000 ontvang wanneer hulle afgetrek word.

Die departement poog om die veiligheid en gesondheid van hul personeel en kliënte te verseker.

Die opruk na distrikskantore vir die hernuwing van lisensies, kan gevaarlik wees daarom is die dra van maskers, sosiale distansiëring en goeie higiëniese protokolle van kardinale belang.

Leave A Reply

Your email address will not be published.