Movies en musiek in sy bloed

"“Sonder musiek is die wêreld ‘n cruel plek”- Ranny K"

0

Ranny K is ‘n rymkletser asook musiekvervaardiger van Gouda, ‘n klein Bolandse dorpie in die Wes-Kaap.

Hierdie jong kreatiewe kunstenaar besit sy eie besigheid wat handel met suiwelprodukte.

“Ek is dankbaar en geseënd vir al die gawes en talente wat ek ontvang het, maar my fokus is huidiglik op liedjies skryf en rymklets (rap). Ek het reeds op skool begin met my musiek en werk nou gereeld saam met ander musiekvervaardigers en waardeer die opbouende kritiek en spanwerk,” het Ranny K gesê.

Op die oomblik werk Ranny K aan ‘n nuwe album en dit gaan saam Noodlot, die film wat hy onlangs  geskryf het.

Die span beplan om teen September die eerste oudisies vir die fliek te hou.

Noodlot handel oor die geweldkrisis wat ‘n daaglikse realitieit op die Kaapse vlaktes is.

Dit beeld uit hoe negatiwiteit kan gebruik word vir positiewe doeleindes.

Hy sien uit daarna om die fliek voor te stel aan o.a: Kyknet, en is opgewonde oor die reaksie wat dit gaan uitlok.

Ranny K wil gebruik maak van plaaslike talent om hulle die nodige blootstelling en geleenthede te bied.

Sy musiek is beskikbaar op youtube en soundcloud of belangstellendes kan dit ook direk aanvra by fynhoutproduksies@gmail.com

 “Sonder musiek is die wêreld ‘n cruel plek”- Ranny K

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.