Myngroep bring hoop vir vuisvoos Namakwa

"Binne die volgende paar weke gaan die myn van tegnologie gebruik maak asook ‘n helikopter inspan waaraan ‘n reuse metaalverklikker gekoppel is om die aanwesigheid van koper te bepaal in die streek."

0

Die Winterson wat deurkruip oor die koue Namakwa is ‘n teken van hoop vir die mense van die streek.”

Dit was die boodskap van hoop deur  die hoof-uitvoerende beampte, Errol Smart en bestuurslede van die Orion Myngroep in Namakwaland.

Smart het die gemeenskappe opgewonde gemaak met die nuwe myn wat begin gaan word, om te kyk of daar nog koper is en sal bydra tot  werkskepping in ‘n streek waar werkloosheid die hoogte ingeskiet het toe heelwat myne die afgelope paar jaar gesluit het.

Die myngroep se interne prosesse moet teen die einde van Julie afgehandel wees.

Volgens Smart verloop alles volgens hul beplanning.

Die myngroep  fokus veral op die argiewe van die  1980’s.

“Daar is baie koper nog hier agter gelaat, nou moet ons net sien of dit lewensvatbaar is om dit te myn”, het Smart gesê.

Smart en sy span kundiges is baie positief oor die ekonomiese impak wat Orion op die streek gaan het.

Daar moet reg beplan word ten einde volhoubaarheid te verseker.

Orion gaan ook baie fokus op sosiale, maatskaplike en ekonomiese investering in die Namakwaland as deel van die myn se lisensievoorwaardes.

Die areas wat ge-oormerk is, die  Westekant van Nigramoep na Spektakel in die berge asook die Carolusberg  tot by Bulletrap.

Binne die volgende paar weke gaan die myn van tegnologie gebruik maak asook ‘n helikopter inspan waaraan ‘n reuse metaalverklikker gekoppel is om die aanwesigheid van koper te bepaal in die streek.

Die totale program beloop  sowat R9miljoen.

Al die ingesamelde data sal ook met ander myngroepe gedeel word asook boere om veral die aanwesigheid van water ook te bepaal.

Leave A Reply

Your email address will not be published.