Myngroep sit glimlag op Bock se gesig

"Die Alexkormyngroep het ‘n bydrae van R3000 gemaak tot Polly se handfiets  wat R20 000 kos."

0

Joseph “Polly” Bock van Namakwaland sit met sy hande in die hare nadat die hulpmiddel waarmee hy sy stokperdjie beoefen, gebreek het.

Polly is uiters lief vir die natuur en woonagtig in Port Nolloth, ’n  kusdorp  wat bekend is vir sy mooiste besienswaardighede.

Die afgelope paar jaar het hy die kusdorp plat gereis met sy handfiets om die natuurskoon te geniet.

Onlangs was Polly in sy spoed gestuit toe sy handfiets gebreek het.

Vir ‘n gestremde persoon wat afhanklik is van sy rolstoel om sy weg te vind het hy toe elke dag net op die stoep gesit en na die wêreld gekyk “Dit is baie frustrerend,” sê Polly.

Hy is ook kranige handfietsatleet en het ook al deel geneem aan die Autoniqua handfietsuitdaging en die  Cape Argus Fietswedren, tesame met Brunhild Strauss wat ook ‘n parapleeg is.

Die Alexkormyngroep het ‘n bydrae van R3000 gemaak tot Polly se handfiets  wat R20 000 kos.

Hy het egter nog finansiële hulp nodig om die volle bedrag te  bekom.

Horison Gazette as deel van Horison Media en die trotse mediavennoot van Radio NFM  het onlangs die berig geplaas en die myngroep het reageer.

Persone wat graag ‘n bydrae wil maak om Polly weer op spoed te kry kan Radio Nfm 98.1 kontak by 027 744 1610 of Brunhild Strauss (Sportkoördineerder vir persone met gestremdhede) by 082 306 4634.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.