Myngroep span tegnologie in as deel van hul grootskaalse mynboubedrywighede in Namakwaland

"Die projek gaan ‘n aanvang neem van vandag (21 Junie 2021) af en sal vir 40 tot 50 dae neem oor die regsgebied van Nama-Khoi munisipaliteit, afhangende van die weersomstandighede."

0

Die raad van Geo-Wetenskap in Suid-Afrika se mandaat is om ‘n nasionale geowetenskaplike kartering van die hele land te doen, om sodoende ‘n beter begrip te ontwikkel van Suid-Afrika se geologie en die mineraal reserwes.

As deel van hierdie proses gaan die raad van Geo-Wetenskappe en Skytem, met die ondersteuning van Orion Minerals, opnames doen as deel van hul  mineraalnavorsing in Namakwa, vanuit die lug deur gebruik te maak van ’n helikopter.

Die Skytem-toerusting gaan onderaan ‘n helikopter gemonteer word wat ‘n hoogte van 30 tot 40 meter bo hindernisse gaan vlieg.

Die projek gaan ‘n aanvang neem van vandag (21 Junie 2021) af en sal vir 40 tot 50 dae neem oor die regsgebied van Nama-Khoi munisipaliteit, afhangende van die weersomstandighede.

Leave A Reply

Your email address will not be published.