‘n Gesonde werksmag is ‘n produktiewe mag

0

“Elkeen moet ywerig wees om hulle eie lewens te wil verbeter”.

So gesels Joshua Cloete, een van die lede van die Concordia gemeenskaps eiedom assosiasie,beter bekend as die gemeenskaplike eiendomsvereniging “CPA” van Concordia.

Die CPA is gestig uit hooflede van die TRANCRAA proses -“Transformation of Cenrtian Rural Areas Act”

Cathlene Cockrell, Gert Saal en Joshua Cloete bring meer duidelikheid oor die opkomende verkiesing en die vordering van die CPA.

Die CPA is gerigistreer en die komittee lede hoop dat  hulle binnekort  ‘n finale uitslag oor die grond kan  lewer.

Die proses van die oordrag van die grond is aan die gang en  op die stadium is ‘n landmeter aangestel vir die grond se opmeting.

Die landmeter moet die buitelyne van Concordia opmeet om presies te bepaal hoeveel hektaar beskikbaar is vir die gemeenskap.

Die departement van landelike ontwikkeling sal vir Nama-khoi in kennis stel van die oordrag van die grond aan die CPA.

Huidiglik is die adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming Mcebisi Skwatsha  besig met die optrek van die brief.

‘n Verkiesing sal plaasvind op die 21ste Oktober 2021 om die permanente komittee van die CPA aan te wys. Concordia gemeenskap word uitgenooi en diegene wat wil stem moet registreer.

Die registrasie proses  sal plaas vind  by die Nama -khoi dienspunt.

Die interbestuurs komitee hoop en vertrou dat die gemeenskap hulle volle ondersteuning en samewerking sal gee tot die verkiesing van die permanente komitee lede.

Alle aansoeke vir prospekteering en myregte op Concordia sal deur die CPA  en deur middel van landelike ontwikkeling hanteer word.

Die hoogereghof het besluit dat die gemeenskap in ag geneem moet word voor enige besluite gemaak word om ‘n permit uit te reik.

Die kommitee wil volgens die wet handel en dit sal ook van toepassing wees op al die myne wat tans in diens is op Concordia se gronde.

Dit is uiters belangrik dat alle prossese volgens wet en ordenlikheid uitgevoer word, om die  gemeenskap te verseker en sodat daar fondse gestig kan word vir rehabilitasie, studie beurse, ordentlike hospitale en nog meer.

“Ons het in die verlede gesien het hoe ons ertse weg gery word en hoe ons dorpe in armoede gelaat word,” sê Mnr Cloete.

“‘n Gesonde werksmag is ‘n produktiewe mag”,  is hulle beleid en alle myne sal gekoödineer word.

Elkeen moet ywerig wees om hulle eie lewens te wil verbeter en die CPA vra almal se samewerking.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.