Nababeeb: Raadslid roer dringende kwessies aan

"Daar is alreeds met die gemeenskapsdeelnameproses begin."

0

Raadslid en speaker vir die Namakwa-Distriksmunisipaliteit, Gillian Pieters, van Nababeep het gesels oor die moontlike opening van die Orion-myn en ander kwessies.

Gillian Pieters het veduidelik dat die myn huidiglik besig is om ‘n deodilligensie te doen om te sien of dit ekonomies lewensvatbaar is om die myn oop te maak.

Die eerste fase het reeds 30 Junie 2021 begin met die tweede fase wat moontlik 31 Julie 2021 kan klaar maak.

Die myngroep sal dan self die publiek in kennis stel of dit gaan oopmaak, al dan nie.

Indien die myn suksesvol open sal werksgeleenthede vir ander dorpe ook beskikbaar wees.

Daar is alreeds met die gemeenskapsdeelnameproses begin.

“Dit was nie so maklik om die gemeenskap bymekaar te kry as gevolg van die pandemie wat ons in die gesig staar”, het Pieters gesê.

Die proses word deur die leiers van die onderskeie dorpe gelei om die gemeenskap voor te berei vir die moontlike opening van die myn.

Die gemeenskap sal dan die geleentheid kry om insae te lewer, mekaar te adviseur en rigting aan te dui.

Sy het bygevoeg dat die gemeenskap deelnameproses is ‘n wetlike proses waaraan alle mymaatskappye moet voldoen ten einde operasioneel te wees.

Gillian sê sy glo dat die ekonomiese hupstoot eenheid sal meebring, maar gebed bly die grootste dryfkrag agter die reuse projek tot voordeel van die gemeenskap.

Die ander kwessies wat sy aangespreek het is die Nabapeeb hospitaal, die PHC (Primary Health Care Center) en die CHC (Community Heath Centre) wat ’n paar meter uitmekaar geleë is.

Daar is op ‘n gemeenskaps vergadering besluit dat die twee moet saamsmelt om effektiewe gesondheidsdienste te realiseer.

Die twee eenhede sal bekend staan as die gemeenskapsgesondheidsentrum.

Die hoofdoel is om ‘n 24 uur gemeenskapsgesondheidsentrum te vestig.

Die oorblywende muur van die Sport, Kuns en Kultuur gebou wat afgebrand het is ‘n veiligheidsrisiko in die dorp en planne om dit te verwyder is in plek.

Die padskraper is vir 3 weke in Nababeep en reën het die skraap van die pad vertraag.

Pieters het bevestig die span sal terugkeer sodat die skraap van die paaie voltooi word. Dele van die rioolstelsel is baie veroudered en daar is uitdagings wat aan gewerk word.

Die proses het klaar begin met die rioolstelsel, waarvan R10 000 000 is reeds goed gekeur, sy voeg by dat herstel werk op hierdie kwessies steselmatig sal plaasvind.

Die grootste probleem in Nababeep is behuising, maar om dit te kan bekom moet Nababeep grootmaat infrastruktuur opgradeer.

Pieters het gevra dat die gemeenskap van Nababeep geduldig moet wees, want befondsing kom van buite en die herstel van die rioolstelsel en elektrisiteitsprobleme sal tyd neem, maar huidiglik is daar vordering.

Leave A Reply

Your email address will not be published.