Nababeep blommeprag lus vir die oog

"Nababeep se blomme word veral deur die topografiese uitleg van die dorp beklemtoon,” sê oud-skoolhoof en inowner van die dorp, Mnr Frans Fielding."

0

Tydens die blommeseisoen in Namakwa raak die inwoners  opgewonde oor die prag wat voorlê, veral wanneer daar ‘n goeie reënseisoen was.

Oral in Namakwaland kan blomme bespeur word, maar dit is in Nababeep waar dit die mooiste voorkom en die landskap met ‘n geblomde lappieskombers bedek is – beslis ‘n lus vir die oog.

“Nababeep se blomme word veral deur die topografiese uitleg van die dorp beklemtoon,” sê oud-skoolhoof en inowner van die dorp, Mnr Frans Fielding.

Die dorp se topografie is eenvormig wat deur die omringende berge gevorm word.

Tydens die lente word die berge deur ‘n blommekombers omvou en wat Nababeeb se blomme anders maak as die omliggende dorpe.

Die oranje blomme, die sogenaamde Namakwa-daisy is die afgelope jare die oorheersende lenteblom.

Die digtheid van die blomme lei tot ‘n helder kleurige natuurskoon, wat oor ‘n ver afstand sigbaar is.

In die verre verlede was daar ‘n meer verskeidenheid van blomme in Nababeep sigbaar, veral pers, oranje en geel.

“Graag sou ‘n mens wou weet wat die wetenskaplikes oor die blomme kleurkonsentrasie te sê het. Die mynboubedrywighede  kon dalk die oorsaak was vir die pragtige blomme landskap. Nababeep se Namakwa daisies simboliseer dan ook die vriendelikheid van die dorp se mense ,” vertel Fielding.

Dit is juis hierdie blommetjies wat almal wat Nababeep binne-kom met hul pragtige glimlaggies begroet.

Soos jy “Stacey se draai” omkom, begroet die vriendelikheid van die oranje blommegesig jou.

Wat dit verder ook indrukwekkend maak is dat die hoofstraat wat jou die dorp binne lei aan beide kante met die blomme versier is wat ‘n  besondere nostalgie in die gemoed na vore bring.

In Fielding se kinderjare was toerbusse ‘n algemene gesig in die blommeseisoen, veral uit die Moederstad.

Die blommekykers het sommer in die skole tuis gegaan.

“En ai, het ons jongmense blommetyd romanse gehad! Die liefde het toe ook behoorlik geblom en die romanse het gelei tot ewige huweliksbeloftes,” deel  Fielding op ‘n ligte noot.

Dit was die lekker jare, die jare wat die OCC (Okiep Copper Company) die ekonomiese slagaar van Nababeep en omliggende dorpe was, wat in al sy glorie aan die gang was.

Grootmense het toe destyds gepraat van lekker ou Nababeep.

(Fotos is verskaf deur Johndrey Makaza van Makaza Photography)

Leave A Reply

Your email address will not be published.