Nababeep Polisie slaan toe op twee verdagtes

’n FM toring is op 10 April ingebreek en verskeie items is gesteel.

0

Twee manlike verdagtes is vroeёr die naweek deur die Nababeep polisie in hegtenis geneem in ’n poging om inbrake in die provinsie hok te slaan.

Na bewering is ’n FM toring op 10 April ingebreek en verskeie items is gesteel.

’n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi, bevestig dat die lede van die Springbok K9-eenheid en Nababeep-speurders dadelik op die klag reageer het.

Twee verdagtes van 25 en 46 jaar oud is 40km weg van die toneel in hegtenis geneem.

“Koperkabels, visie kameras en ’n televisie ter waarde van R447 000 is in besit van die verdagtes gevind,” sê Mooi.

Beide verdagtes sal na verwagting vandag, 12 April voor die Springbok landdroshof verskyn op aanklagte van sake-inbraak en diefstal.

Die polisieondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.