Namakwa-distrik spog met nuwe gesondheidsdienste

"“Die Premier het ‘n passie vir onderwys en opleiding van jongmense en daar word meer professionele verpleegsters benodig,” het mnr Lekwene gesê."

0

Donderdag 27 Oktober 2021 het Dr. Van Niekerk ‘n nuwe toevoeging tot hul infrastruktuur ontvang.

Dit was die opening van die nuwe lykshuis en apteek ter waarde van R30 miljoen.

Die bekendstelling was behartig deur die Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul, wat vergesel was deur die LUR van Gesondheid in die Noord-Kaap, Mnr Maruping Lekwene, LUR van COGHSTA, Mnr Bentley Vass, Namakwa-Distrik se Uitvoerende Burgemeester, Mnr Mervin Cloete, Burgemeester van Nama Khoi Munisipaliteit, Mnr Riaan Cloete en senior bestuurders in die Departement van Gesondheid.

Mnr. Lekwene het genoem dat die algehele mandaat is om gesondheidsdeinste te lewer aan die gemeenskap.

Gesondheidsdienste moet toeganklik wees vir  almal in ag genome  die tekort aan gesondheidswerkers.

Met die opening van die nuwe infrastruktuur is dit ‘n stap in die regte rigting om dienslewering te realiseer.

“Die Premier het ‘n passie vir onderwys en opleiding van jongmense en daar word meer professionele verpleegsters benodig,” het mnr Lekwene gesê.

Dr. Saul het genoem dat die lykshuis R13 Miljoen en die apteek R17 Miljoen gekos het en dat dit net ‘n klein belegging is.

Die visie van die provinsie is om elektroniese lêer sisteem op die been te bring.

Dr. Saul se visie is ‘n algehele verbetering in veral gesondheidsdienste en onderwys vir die Noord-Kaap.

Hy het vir Mnr. Grootboom geluk gewens met die aanstelling by die Distrik se gesondheidskantoor, want die laaste keer wat die Premier in Namakwa was, was mnr. Grootboom in ‘n waarneminspos.

“Laat ons nie vernietig wat aan die publiek behoort nie en neem eienaarskap en beskerm die openbare infratruktuur. Die eiendom behoort aan die gemeenskap. Geniet julle kersfees wat net ‘n maand weg is en geniet julle belegging,” het die Premier gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.