Nama Khoi bevestig 10 nuwe Covid-19 gevalle

Nama Khoi se Covid-19 verwante sterftesyfer bly onveranderd op 14.

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, die meeste Covid-19 gevalle aangeteken in die Namakwa-distrik.

“10 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig, een in Kamiesberg 1 en twee in die Richtersveld plaaslike munisipaliteit.”

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 2 014, met 789 genesings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 1 211 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 13, wat die totaal in die distrik tot op 3 567 te staan bring, met 1 545 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 2 005 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 37 mense in die Noord-Kaap positief vir Covid-19 getoets het.

Dit bring die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 140 te staan.

“In die jongste verslag het Frances Baard die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 25, gevolg deur Namakwa (13), ZF Mgcawu (1), Pixley Ka Seme (5) en JT Gaetsewe (3).

“Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens Covid-19 verwante komplikasies staan op 627.”

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 3 619, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 87%.

28 892 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.