Nama Khoi bevestig 26 gevalle van COVID-19 in een naweek

0

26 Nuwe COVID-19 gevalle is die afgelope naweek in die Nama Khoi regsgebied aangemeld.

Dit is ‘n duidelike aanduiding dat Nama Khoi nou ‘n tweede vlaag van die coronavirus-infeksies ervaar.

Die totale COVID-19 gevalle vir diè regsgebied staan tans op 608, waarvan 437 persone genees is van die virus.

“Die jongste inligting van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, dui aan dat die sterftesyfer in die plaaslike munisipaliteit steeds op sewe staan.”

Dit laat die regsgebied met 160 aktiewe gevalle van COVID-19.

Die totaal coronavirus gevalle in die Namakwa distrik is 967, met 687 genesings.

10 Sterftes is aangemeld en diè distrik het tans 270 aktiewe gevalle van die virus.

Daar is 59 mense aangekondig wat positief getoets het vir Covid-19 in die Noord-Kaap, wat die totaal op 24 164 bevestigde gevalle te staan bring.

372 Pasiënte het ongelukkig weens die virus gesterf.

21 784 Presone is genees van die virus, wat die provinsie laat met 2 006 aktiewe coronavirus gevalle.

Die ministerie van gesondheid doen ‘n dringende beroep op mense om steeds hul maskers te dra, sosiale afstand te handhaaf en hul hande te was.

Die tweede vlaag van die virus word vererger deur die voorkoms van ‘n nuwe variant daarvan.

Mense word versoek om tydens die feesseisoen weg te bly van plekke met swak ventilasie.

Nege-duisend-445 bevestigde gevalle van die coronavirus is die afgelope verslagtydperk in Suid-Afrika aangemeld.

Dit bring die totale syfer van mense wat sedert Maart die coronavirus getoets het tot verby 921-duisend.

Nóg 152 mense is die afgelope 24 uur aan COVID-19-verwante oorsake dood.

Leave A Reply

Your email address will not be published.