Nama Khoi bevestig byna 60 nuwe Covid-19 gevalle

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid dr. Zweli Mhkize aangekondig dat 88 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

“Die Nama Khoi regsgebied het die meeste gevalle in die distrik bevestig, met 58 nuwe positief getoetsde pasiënte.”

Die totale Covid-19 gevalle in die Nama Khoi regsgebied is tans 1 503, terwyl 505 persone alreeds van Covid-19 herstel het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, is daar nog twee addisionele Covid-19 verwante sterftes in die distrik bevestig, wat Nama Khoi se Covid-19 dodetal op 13 te staan bring.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 985 aktiewe gevalle van die koronavirus.

Die Minister het ook aangekondig dat nog 281 mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir Covid-19.

Dit bring die provinsie se kumulatiewe totaal, op 28 965 te staan.

“In die jongste verslag het Namakwa die meeste positiewe gevalle (88) aangeteken, gevolg deur Frances Baard (69), ZF Mgcawu (48), JT Gaetsewe (41) en Pixley ka Seme (31), terwyl 4 gevalle nog nie aan ‘n distrik geallokkeer is nie.”

Dier provinsie se Covid-19 verwante dodetal staan nou op 478.

Die minister het sy innige simpatie en meegevoel met die gesinne en geliefdes van die ontslapenes gedeel.

Die provinsie se aantal aktiewe gevalle is 4 034, met die herstelsyfer nou ​​op 24 451 (84%).

Die land se aantal kumulatiewe Covid-19-gevalle staan tans op 1 311 686.

Dit kom nadat 14 880 mense in die laaste 24-uur positief getoets het.

Die land se Covid-19 sterftesyfer staan nou op 36 467, nadat 615 mense in een dag gesterf het.

Tot op hede het 1 062 690 van die virus herstel en die aktiewe gevalle staan op 212 529.

Leave A Reply

Your email address will not be published.