Nama Khoi bevestig drie nuwe Covid-19 gevalle

"Dit laat die regsgebied met 'n totaal van 1 264 aktiewe gevalle van Covid-19."

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid dr. Zweli Mhkize aangekondig dat sewe nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

Die Nama Khoi regsgebied het drie nuwe gevalle aangemeld, die Richtersveld- en Karoo Hoogland – omgewings elk een onderskeidelik, en Kamiesberg twee.

Die totale Covid-19 gevalle vir die Nama Khoi regsgebied is 1 870, maar 592 persone het alreeds van Covid-19 herstel.

14 Sterftes is tot op hede bevestig.

“Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 1 264 aktiewe gevalle van Covid-19.”

Die Namakwa distrik het tot op hede 3 300 gevalle van die virus bevestig, en 1151  genesings.

17 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 2 132 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die Minister van Gesondheid het aangekondig dat nog 50 mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir Covid-19, wat die provinsie se totaal op 32 060 positief bevestigde gevalle te staan bring.

Die laaste keer dat die provinsie soortgelyke lae positiewe gevalle binne ‘n dag gerapporteer het, was op 29 Desember 2020.

“In die jongste se verslag het JT Gaetsewe die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken (21), gevolg deur Frances Baard (12), ZF Mgcawu (9), Namakwa (7) en Pixley ka Seme (1).”

Twee (2) addisionele Covid-19 verwante sterftes is aangemeld, een het die afgelope 72-uur plaasgevind, terwyl die ander vroeër die afgelope maand plaasgevind het.

Die departement sê dit is as gevolg van vertragings in verslaggewing.

Met hierdie nuwe sterftes, staan die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens Covid-19-komplikasies nou op 583.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie is 3 885, en die genesings het effens toegeneem tot 27 590.

Dit dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 86%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.