Nama Khoi bevestig een nuwe Covid-19 geval

Die Nama Khoi regsgebied het een nuwe Covid-19 geval bevestig.

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid Dr. Zweli Mhkize aangekondig dat nèt een nuwe Covid-19 geval vir die Nama Khoi regsgebied aangemeld is.

Die bring die totale Covid-19 gevalle vir die Nama Khoi regsgebied tot op 1 871, waarvan  592 persone van Covid-19 genees is.

Die regsgebied se Covid-19 verwante dodetal bly  op 14.

Nama Khoi het 1 265 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa-distrik het tot op hede 3 301 gevalle van die virus bevestig, en 1 151 genesings.

17 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 2 133 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die Minister van Gesondheid het aangekondig dat nog 15 mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir Covid-19.

Dit bring die provinsie se kumulatiewe aantal positief bevestigde gevalle op 32 072 te staan.

“In die jongste verslag het die Frances Baard-distrik die meeste nuwe positiewe gevalle aangeteken (5), gevolg deur ZF Mgcawu (4), Pixley ka Seme (3), JT Gaetsewe (2) en Namakwa (1).”

Drie (3) addisionele Covid-19 sterftes wat almal vroeër die afgelope maand plaasgevind het, is nou bevestig as gevolg van vertragings in verslaggewing.

Met hierdie nuwe sterftes, staan die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens Covid-19 komplikasies nou op 586.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie is 3 785.

Die herstelsyfer het effens toegeneem tot 27 699, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 86%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.