Nama Khoi bevestig meer as 100 gevalle oor die naweek

0

Dis departement van gesondheid het oor die naweek 134 nuwe gevalle van Covid-19 in die Nama Khoi regsgebied bevestig.

“102 Hiervan was op Saterdag, 16 Januarie bevestig, met 32 nuwe gevalle in die jongste verslagtydperk van 24-uur.”

Die Nama Khoi regsgebied het in totaal die meeste positief bevestigde gevalle van Covid-19, per regsgebied in die Namakwa-distrik bevestig.

Die totale Covid-19 gevalle in die Nama Khoi regsgebied is tans 1 637, terwyl 505 persone alreeds van Covid-19 herstel het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, is daar tot op hede 13 Covid-19 verwante sterftes in die distrik bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 1 119 aktiewe gevalle van die koronavirus.

Die minister het nog 212 mense aangekondig wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die totale postitief bevestigde gevalle op 29 558 te staan.

“In die jongste verslag het Namakwa die meeste positiewe gevalle (81) aangeteken, gevolg deur Frances Baard (64), ZF Mgcawu (34), Pixley ka Seme (17) en JT Gaetsewe (12), terwyl 4 gevalle nie toegedeel is nie.”

Die provinsie se totale kumulatiewe sterftes weens COVID-19-komplikasies, het intussen gestyg tot 496.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is nou 4 537.

24 523 Mense het van die koronavirus herstel, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 83%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.