Nama-Khoi bevestig nog drie COVID-19 gevalle

0

Die Minister van Gesondheid, Dr Zweli Mkhize het aangekondig dat ‘n totaal van 9 500 mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir die nuwe koronavirus, COVID-19.

Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteits-distrik het gister drie nuwe gevalle bevestig, wat die totaal positiewe gevalle in die plaaslike distrik op 153 te staan bring.

“77 Pasiente het intussen herstel, wat beteken dat 76 mense in Nama Khoi nog die virus onder lede het.”

Ongelukkig het die Minister nog vier sterftes in die Noord-Kaap aangekondig, almal van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit.

Dit bring die totale aantal COVID-19 verwante sterftes in die provinsie op 120 te staan.

Daar is vyf mense wat verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegewys is en sal binnekort herverdeel word.

Die aantal herstellings beloop tans 6 409, wat dui op ‘n herstelkoers van 68% in die provinsie.

Die minister het ook bygevoeg dat ‘n totaal van 615 701 positief bevestigde gevalle van COVID-19, sedert Maart vanjaar in Suid-Afrika aangemeld is.

Daar is 2 684 nuwe gevalle bevestig terwyl die dodetal nou op 13 502 staan.

525 242 Persone het COVID-19 geklop, wat dui op ‘n nasionale herstelkoers van 85%.

Gemeenskapslede word dus gemaan om gehoor te gee aan die COVID-19 veiligheidsmaatreëls en sodoende hul families, vriende en kollegas te beskerm.

Die dra van maskers dra grootliks by tot die daling in infeksies.

Landsburgers is steeds onderhewig aan die rampbestuurregulasies, sowel as die vlak 2 inperkingsmaatreëls, om die verspreiding van COVID-19 te stuit.

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.
COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.
Leave A Reply

Your email address will not be published.