Nama-Khoi bevestig nóg drie nuwe gevalle van COVID-19

0

Die Minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het vyf nuwe gevalle van COVID-19 vir die Namakwa distrik aangemeld.

“Mkhize het ‘n toename van drie nuwe gevalle in die Nama-Khoi regsgebied bevestig.”

Die Kamiesberg- en Richtersveld plaaslike munisipaliteitsdistrikte het elk een, onderskeidelik bevestig.

Die totaal koronavirus gevalle in diè distrik staan tans op 383, waarvan 303 persone genees is van die virus.

Ses persone het hul stryd teen die virus verloor.

Dit laat die distrik met 77 aktiewe gevalle van COVID-19.

Die bevestigde COVID-19 getalle in die Noord-Kaap is 13 564, terwyl 10 256 persone alreeds van die virus genees het.

Daar is 176 sterftes in die Noord-Kaap aangemeld, wat die provinsie laat met 3 130 aktiewe gevalle van COVID-19.

Die aantal COVID-19 gevalle in Suid-Afrika daal steeds en het ‘n skerp afname in die afgelope 24-uur siklus getoon.

956 Nuwe COVID-19 gevalle en 52 sterftes is gister deur die minister bevestig.

Die land se totale gevalle sedert Maart staan nou op 650 749 en die dodetal op 15 499.

Leave A Reply

Your email address will not be published.