Nama-Khoi bevestig nóg een nuwe geval van COVID-19

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister een nuwe geval van COVID-19, in die Nama-Khoi regsgebied aangemeld.

Die totaal bevestigde gevalle in die Nama-Khoi regsgebied staan nou op 271, terwyl 215 persone die virus geklop het.

“Dit laat Nama-Khoi met ‘n totaal van 56 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die Minister van Gesondheid het aangekondig dat 154 mense positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap, wat die totaal positief bevestige gevalle op 16 397 te staan bring.

Die aantal herstellings staan tans op 13 225.

In Suid-Afrika was daar 903 nuwe gevalle, wat die totaal op 671 669 te staan bring.

Sterftes het 16 586 bereik (‘n toename van 188), terwyl die herstelsyfer tot 604 478 geklim het, wat die land met 50 605 aktiewe gevalle laat.

Globale Covid-19-infeksies het 33.2 miljoen bereik, met die dodetal op een miljoen.

Leave A Reply

Your email address will not be published.