Nama-Khoi bevestig nóg twee nuwe gevalle van COVID-19

0

Minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het gister drie nuwe gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

“Mkhize het ’n toename van twee nuwe gevalle in die Nama-Khoi regsgebied aangemeld.”

Die Khâi-Ma regsgebied het een nuwe geval bevestig.

Die totaal koronavirus gevalle in dié distrik staan tans op 386, waarvan 311 persone reeds genees van die virus het.

Ses persone het intussen hul stryd teen die virus verloor.

Dit laat diè distrik met 72 gevalle van COVID-19.

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap

Die bevestigde COVID-19 gevalle in die Noord-Kaap staan tans op 13 727, terwyl 10 486 persone reeds die virus geklop het.

Daar is 182 sterftes in die Noord-Kaap aangemeld, wat die provinsie laat met 3 058 aktiewe gevalle.

1 923 Nuwe gevalle van COVID-19 is gister in Suid-Afrika deur die minister bevestig.

Die land se totale gevalle sedert Maart staan nou op 653 444 en die dodetal 15 705.

Tot dusver het 584 195 persone van COVID-19 herstel, wat dui op ‘n nasionale herstelkoers van 89.4%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.