Nama-Khoi bevestig nóg vier nuwe gevalle van COVID-19

0

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

“Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik is steeds die brandpunt in die Namakwa-distrik, toe nóg vier nuwe gevalle bevestig is. ”

Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik het tot op hede 192 gevalle bevestig, waarvan 102 alreeds van die virus herstel het.

Dit laat Nama-Khoi met 90 aktiewe gevalle en geen sterftes.

Daar is ook twee nuwe gevalle in die Khai-Ma plaaslike muinisipaliteitsdistrik bevestig, wat die totaal bevestigde gevalle in diè distrik, op 32 te staan bring.

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap

Die minister het bygevoeg dat ‘n totaal van 11 313 mense in die Noord-Kaap, tot op hede positief getoets het vir COVID-19.

Die provinsie het ‘n toename van 296 gevalle in die afgelope 24-uur getoon.

Die streftesyfer staan tans op 134, terwyl 7 526 pasiënte alreeds genees is van die virus.

Die totale aktiewe gevalle in die provinsie is 3 651, met die provinsiale herstelkoers op 67%.

COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

Die minister het bygevoeg dat daar in Suid-Afrika, 2 420  nuwe gevalle bevestig was, wat die totaal bevestigde gevalle op 633 015 te staan bring.

Sterftes het 14 563 bereik (‘n toename van 174), terwyl die herstelsyfer tot 554 887 geklim het.

Dit laat die land met ‘n totaal van 63 656 aktiewe gevalle van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.