Nama Khoi dienspunt op Steinkopf inbraak

0

Volgens ’n bron by Nama Khoi op Steinkopf het daar in die voordagure ’n inbraak by die dienspunt se stoor plaasgevind.

Hy vertel dat hulle min of meer ’n beeld van die verdagte op CCTV beeldmateriaal vasgevang kon kry.

Dit word ook vermoed dat die verdagte dalk van Steinkopf kan wees.

Die bron doen ’n beroep op die gemeenskapslede om uit te kyk vir ’n verdagte persoon wat gereedskap verkoop.

Volgens die bron wag hulle op die polisie om verdere ondersoek in te stel.

Leave A Reply

Your email address will not be published.