Nama Khoi inwoners alwèèr dors gelaat

Sedibeng Water ervaar tans lae druk toevoer by die Oranje Rivier pompstasie.

0

Die Nama-Khoi regsgebied ondervind nou alreeds vanaf die begin van die maand, al erge waterprobleme.

Die munisipaliteit was al gedwing om watertrokke na dorpe te stuur, om sy inwoners se dors te kon les.

Sommige inwoners is warm onder die kraag omdat die watertrokke nooit afgeleë gebiede gehaal het nie, maar is hoopvol dat hulle darem hierdie keer sal baatvind.

Die kontrei se krane het hierdie week wèèr drooggeloop weens die verhoogde vloei, en gepaardgaande styging van die watervlak in die Oranjerivier.

Dit het tot gevolg gehad dat die rivier-pompstasie oorstroom het.

Sedibeng se operasie en instandhoudingsbestuurder, meneer R. Ramudzuli, het in ‘n amptelike persverklaring bevestig dat Sedibeng Water tans lae druk toevoer, by die Oranjerivier-pompstasie ervaar.

Volgens Ramuduzli operateer Sedibeng Water teen die helfte van hulle normale kapasiteit, as gevolg van die pomp-uitdagings by die rivier.

“Ons tegnici is besig om aan die logistieke te werk om die probleem so gou as moontlik opgelos te hê.”

Die gemeenskap word gemaan om water spaarsamig te gebruik.

Sedibeng Water vra verskoning vir die ongerief.

Leave A Reply

Your email address will not be published.