Nama Khoi munisipaliteit betreur die heengaan van ‘n voetganger

"Die munisipaliteit bevestig hiermee dat ‘n vragmotor gister in ‘n ongeluk betrokke was waar een persoon beseer is en ‘n ander persoon noodlottig beseer is waarna sy in die plaaslike hospitaal beswyk het."

0

Nama Khoi munisipaliteit betreur die heengaan van ‘n voetganger wat gister gesterf is, nadat sy deur ‘n voertuig in Rivierstraat raak gery is.

Die munisipaliteit bevestig hiermee dat ‘n vragmotor gister in ‘n ongeluk betrokke was waar een persoon beseer is en ‘n ander persoon noodlottig beseer is waarna sy in die plaaslike hospitaal beswyk het.

Nama Khoi munisipaliteit betuig aan die familie hul innige meegevoel van die afgestorwene en vertrou dat ons Hemelse Vader die familie sal vertroos in hul tyd van rou.

Hul wens ook sterkte toe aan die beseerde en wens hom ‘n vinnige herstel toe.

Die munisipaliteit sal die nodige samewerking aan die SAPD en ander relevante strukture gee wie die ongeluk ondersoek.

Uitgereik deur Nama Khoi Munisipaliteit

Leave A Reply

Your email address will not be published.