Nama-Khoi munisipaliteit hervat hul werksaamhede

0

Nama-Khoi Munispaliteit het bevestig dat hulle op Dinsdag, 5 Januarie, hul werksaamhede sal hervat.

Alle dienspunte in verskillende dorpe, hoofkantore in Springbok en verkeerskantore was gister ontsmet.

Die munisipaliteit het ook bevestig dat hulle hul kantore ontsmet het, om die COVID-19 virus te voorkom.

Die ontsmetting was gedoen om amptenare en die publiek te beskerm.

“Die munisipaliteit sal vanoggend om 10:00 hul werksaamhede en dienste aan die publiek hervat.”

Nama-Khoi Munispaliteit vra verskoning vir enige ongerief.

Foto: Facebook – Nama Khoi Munisipaliteit

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.