Nama Khoi ontplooi watertrokke na gemeenskappe

Inwoners word gemaan om water spaarsamig te gebruik.

0

Die Nama Khoi munisipaliteit het vroeër in hul amptelike kennisgewing, inwoners gevra om asseblief nie water vanaf boorgate en ander bronne drink nie.

Inwoners van die Nama Khoi plaaslike munisipale regsgebied gaan alreeds vir ‘n rukkie gebuk onder uitdagings met water en die voorsiening daarvan in die area.

Nama Khoi het in gister se opdatering bevestig dat Sedibeng water en private maatskappye besig is om die nodige herstelwerke uit te voer en te verseker dat water weer aan gemeenskappe voorsien kan word.

Inwoners moet dus kennis neem van water wat nie deur die waternetwerk of krane van Nama Khoi voorsien word nie, slegs vir reinigingsdoeleindes te gebruik.

Nama Khoi voorsien tans water met watertrokke en tenke aan die gemeenskap.

“Hierdie water is boorgatwater en die munisipaliteit beskik nie oor toetsuitslae van die water nie. Indien inwoners wel daarvan moet drink, word dit aanbeveel dat u die water kook.”

Nama Khoi het intussen omverskoning gevra vir die ongerief.

Nama Khoi het watertrokke na gemeenskappe ontplooi:

Leave A Reply

Your email address will not be published.