Nama Khoi regsgebied 5 nuwe Covid-19 gevalle bevestig

Dit bring die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 15 te staan.

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, die meeste Covid-19 gevalle aangeteken in die Namakwa-distrik.

“5 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig en drie vir die Hantam plaaslike munispaliteit.

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 2 004, met 789 genesings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 1 201 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 8, wat die totaal in die distrik tot op 3 554 te staan bring, met 1 545 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 992 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 56 mense in die Noord-Kaap positief vir Covid-19 getoets het.

Dit bring die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 15 te staan.

“In die jongste verslag het Frances Baard die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 28, gevolg deur Namakwa en ZF Mgcawu onderskeidelik 8 aangeteken, Pixley Ka Seme 7 en JT Gaetsewe  met 5.

“Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies staan op 613.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 3 679, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 87%.

28 803 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.