Nama-Khoi regsgebied bevestig ses nuwe gevalle van COVID-19

0

Die Minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand in ‘n opdatering van die nasionale COVID-19 statistieke bevestig dat die Namakwa distrik, 10 nuwe gevalle van COVID-19 bevestig het.

“Die Nama-Khoi regsgebied het ‘n toename van ses gevalle getoon terwyl vier nuwe gevalle in die Kamiesberg regsgebied bevestig was.”

Hierdie toename in koronavirus gevalle, bring die Namakwa-distrik se totaal bevestigde gevalle op 249 te staan.

Die distrik het ‘n totaal van 193 herstellings bevestig.

Ses persone het in die Nama-Khoi regsgebied hul stryd teen COVID-19 verloor.

Dit laat Nama-Khoi met 56 aktiewe gevalle van die virus.

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap

Die Minister van Gesondheid het aangekondig dat 281 bykomende mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir COVID-19, wat die kumulatiewe totaal op 14 003 te staan bring.

Daar is drie mense wat na ander provinsies herverdeel moet word.

Die aantal herstellings staan tans op 10 516, wat dui op ‘n herstelkoers van 77%.

In Suid-Afrika was daar 2 128 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal bevestigde gevalle op 655 527 te staan bring.

Die dodetal het geklim na 15 772 nadat ‘n toename van 67 sterftes gister aangeteken was.

Die nasionale herstelsyfer staan nou op 585 303.

Dit laat die land met ‘n totaal van 54 452.

Die land se herstelkoers het intussen gestyg tot 89.3%.

Globale COVID-19 infeksies het gestyg tot 29,9, met die dodetal op 941,000.

Leave A Reply

Your email address will not be published.