Nama Khoi regsgebied meeste Covid-19 gevalle in Namakwa distrik aangeteken

"21 Nuwe diagnoses van die Covid-19 kornavirus is in die Nama Khoi regsgebied bevestig."

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur die meeste Covid-19 gevalle aangeteken in die Namakwa distrik.

“21 Nuwe diagnoses van die Covid-19 kornavirus is in die Nama Khoi regsgebied bevestig.”

Die Richtersveld-area het vyf nuwe gevalle bevestig, met twee in Karoo Hoogland en drie in die Hantam-omgewing.

“Die Nama-Khoi regsgebied se kumulatiewe aantal positief bevestigde gevalle van Covid-19 staan tans op 1 896, met 789 genesings.”

14 Covid-19 verwante sterftes is bevestig, wat die distrik laat met 1 093 aktiewe gevalle van die virus.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 31, wat die totaal in die distrik tot op 3 344 te staan bring.

1 545 Genesings is bevestig, en 1 782 pasiënte het steeds Covid-19 onder lede.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat ‘n bykomende 119 mense positief vir Covid-19 in die Noord-Kaap getoets het, wat die kumulatiewe totaal op 32 303 te staan bring.

“In die jongste verslag het Namakwa die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken.”

Die provinsie se dodetal het intussen gestyg tot 597.

Die totale aktiewe gevalle is 3 541, en die herstelsyfer het toegeneem tot 28 163.

Dit dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 87%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.