Nama Khoi regsgebied nader die eenduisend-kerf in COVID-19 gevalle

0

Oor die naweek is ‘n totaal van 128 nuwe Covid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld, waarvan 74 in die Nama Khoi regsgebied aangemeld is.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het in die jongste verslag periode van 24-uur, 165 nuwe coronavirus gevalle in die Noord-Kaap bevestig.

Die totaal vir die provinsie staan op tans 25 913.

395 Sterftes is aangeteken, met 23 103 mense wat herstel het van die virus.

Dit laat die provinsie met 2 413 aktiewe gevalle van die virus.

Mkhize, het aangekondig dat 75 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

“Vanuit die 75 nuwe gevalle, is 45 nuwe gevalle in die Nama-Khoi regsgebied bevestig.”

Die Nama Khoi regsgebied het tot op hede 968 gevalle bevestig, maar 437 persone het alreeds van Covid-19 herstel.

10 Sterftes is tot op hede bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 521 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa distrik het tot op hede 1 522 gevalle van die virus bevestig, en 687 genesings.

13 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 822 aktiewe Covid-19 gevalle.

Gemeenskappe word gemaan om die Covid-19 protokol gereeld en deeglik na te kom:

  • Sosiale distansiering: Hou 1,5 tot 2 meter afstand van mekaar af.
  • Dra van gesigmaskers: Almal moet ‘n gesigmasker behoorlik dra veral wanner hulle naby ander mense is, of in openbare plekke rondbeweeg. Dit beteken dat dit die mond en neus volledig bedek moet wees en die masker daagliks in seepwater gewas moet word.
  • Hand higiëne: Gereelde handewas met seep en water vir 20 sekondes, of gereeld gebruik te maak van alkoholgebaseerde handreiniger is noodsaaklik.
  • Hoes-etiket: Gebruik altyd ‘n sneesdoekie as u hoes of nies, en raak onmidellik ontslae van dit. As u nie ‘n sneesdoekie het nie, maak gebruik van u geboë elmboog.
  • Moenie aan u  oë, neus of mond raak nie, en vermy die aanraking van oppervlaktes wat dalk besmet kan wees met die coronavirus.
  • Bly tuis as dit enigsins moontlik is, vermy om te reis, veral na gebiede wat bekend is vir hul aktiewe COVID-19 gevalle of brandpuntgebiede.
Leave A Reply

Your email address will not be published.