Nama Khoi regsgebied rapporteer weer die meeste Covid-19 gevalle

"11 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig."

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, die meeste Covid-19 gevalle aangeteken in die Namakwa-distrik.

“11 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig.”

Die Richtersveld het twee, Hantam vier en Khâi Mai het drie nuwe diagnoses bevestig.

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 1 982, met 789 genesings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 1 135 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 20, wat die totaal in die distrik tot op 3 507 te staan bring, met 1 545 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 945 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 119 mense in die Noord-Kaap positief vir Covid-19 getoets het.

Dit bring die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 32 303 te staan.

“In die jongste verslag het Pixley ka Seme die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 23, gevolg deur Frances Baard (21), Namakwa (20), ZF Mgcawu (15), en JT Gaetsewe (13).”

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies staan op 613.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 3 540, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 87%.

28 707 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.