Nama-Khoi regsgebied se krane loop droog.

Die inwoners van die Nama-Khoi regsgebied is sedert Saterdag, 06 Februarie 2021, sonder water.

0

Inwoners van die Nama-Khoi regsgebied is sedert Saterdag, 06 Februarie 2021, sonder lopende water.

Weens die verhoogde vloei en gepaardgaande styging van die watervlak in die Oranjerivier, het die rivier-pompstasie oorstroom.

Die Nama-Khoi munisipaliteit het die gemeenskap in kennis gestel dat hulle tans geen watervoorsiening vanaf Sedibeng ontvang nie, weens ’n onderbreking in kragtoevoer wat plaasgevind het.

’n Mobiele hyskraan word benodig, en daarom sal ‘n hersteltyd nie bepaal kan word nie.

“Water toevoer behoort vandag terug te wees indien alles volgens beplanning verloop.”

Die munisipaliteit vra nederig om verskoning vir enige ongerief in hierdie verband.

Leave A Reply

Your email address will not be published.