Nama Khoi regsgebied teken die meeste Covid-19 gevalle aan in distrik

Dit bring die total in die provinsie tot op 32 684 te staan.

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, die meeste Covid-19 gevalle aangeteken in die Namakwa distrik.

“Agt nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig en vir die Richtersveld is twee nuwe gevalle aangeteken.”

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 1 953, met 789 genesings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 1 135 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe gevalle vir die Namakwa distrik is 10, wat die kumulatiewe totaal in die distrik tot op 3 458 te staan bring, met 1 545 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 896 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 26 mense in die Noord-Kaap positief vir Covid-19 getoets het.

Dit bring die total in die provinsie tot op 32 684 te staan.

“In die jongste verslag het Namakwa die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 10, gevolg deur Frances Baard (8), ZF Mgcawu (4), JT Gaetsewe (2) en Pixley Ka Seme (1) terwyl een geval nog nie inverdeel is nie.”

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies staan ​​op 605.

Die aantal aktiewe covid-19 gevalle  in die provinsie is 3 598, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 87%.

28 479 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.