Nama-Khoi regsgebied teken meeste Kovid-19 gevalle aan

"Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 840."

0

In die jongste verslag periode was daar 24 nuwe korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik aangeteken.

Hierdie gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (10), Hantam plaaslike munisipaliteit (7), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (5) en Khâi ma plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 760, met 3 475 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 1 221 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 88 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize.

Met die nuwe aangemelde gevalle het die provinsie die 37 000-kerf bereik, met ‘n kumulatiewe totaal wat nou op 37 053 staan.

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 840.

Sowat 33 122 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 089 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.