Namakwa Besighede tydens Kovid-19

0

NFM nuus het laasjaar berig oor hoe besighede geraak is deur die Kovid-19 pandemie en die nasionale staat van inperking.

Suid-Afrika beleef nou ‘n derde oplewing van hierdie virus en is ook tans op vlak 4 van die staat van inperking.

Springbok Oogkundiges is egter een van die besighede wat moes aanpas by die nuwe normaal.

Tharien Schoeman vertel dat Springbok Oogkundiges op ’n stadium baie besig geraak het, veral na die einde van 2020 en begin van 2021.

“Ek dink baie mense het pandemic en covid fatigue ervaar en wou net aan gaan met ’n normale lewe,” vertel sy.

Sy vertel ook dat hulle agtergekom het nadat die derde vlaag Kovid-19 infeksies Namakwaland getref het, is mense meer skepties om uit te beweeg, self om oё te toets.

Die besigheid probeer dus nogsteeds al hulle pasiёnte gerusstel en verseker dat al hul veiligheidsmaatreёls in plek is.

Siftingstoetse word ook elke oggend op personeel uitgevoer.

’n Groot uitdaging vir Tharien was toe sy self positief getoets het vir Kovid in April.

Sy het gelukkig net ligte simptome ervaar omdat sy ingeёnt is gedurende die Sisonke studie.

“Maar so iets laat mens tog bekommer oor jou personeel en pasiёnte,” sê Schoeman.

Nog ’n uitdaging vir hierdie besigheid is dat pasiёnte nie al die maatreёls in die praktyk wil na kom nie.

Alhoewel dit vir almal se veiligheid is, nie net die betrokke pasiёnt nie maar ook die personeel en alle pasiёnte wat nog moet in kom.

Sy vertel ook dat ’n pasiёnt onlangs vreeslik kwaad geraak het omdat sy geweier het om die persoon te help.

Die persoon het griep simptome getoon en sy kon nie die kans waag om hom toe te laat in die praktyk nie.

Tharien vertel dat hulle gelukkig in die gesondheidsektor is wat beteken hulle mag handel dryf onder die huidige vlak 4 inperking.

“Ons het wel besluit om vir vlak 4 bietjie vroeёr te sluit, om 16:00, dit gee ons personeel die geleentheid om die 17:00 rush hour te mis en met minder mense in kontak te kom oppad huistoe,” sê Tharien.

Sy sluit af deur te sê as die personeel gesond en Kovid-19 vry, kan hulle tot diens wees aan die gemeenskap.

Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.