Namakwa-blommeprag mooier as vorige jare

"“Van al die vorige jare van die blommeseisoen is 2021 besonders, omdat die blomme baie mooier as die vorige jare is,” so sê toergids, Ricardo Simon."

0

“Van al die vorige jare van die blommeseisoen is 2021 besonders, omdat die blomme baie mooier as die vorige jare is,” so sê toergids, Ricardo Simon.

Hierdie Namakwalandse toergids het ‘n oog vir die veldblomme en met sy borrellende persoonlikheid sal jou toer deur Namakwa se blommeprag vol vreugde en opwinding wees.

Die uitgesproke Simon versker dat elke toer gevul wees met grappe en verduidelikings rondom die blomme.

Hy beklemtoon dat die blomme diè jaar baie pragtig is en die vernaamste punte is veral  die “hotspots” binne die Namakwa-distrik wat oral oor met blomme besaai is.

Hierdie “hotspots” is met Daisies, Pietsnotte, Bottergousblom, Varkiesknol en pers Vygies besaai.

Die Namakwalandroetes wat uitgekerf is, is vanaf Springbok tot by Leliefontein.

Die blommeroete is vyf ure net noord van Kaapstad en dit bied Kaapenaars ook die geleentheid om na die blomme te kan kyk.

“Ons kan kyk na goed wat mense behoort te weet, soos byvoorbeeld die blommeskou wat ‘n roete is tussen tussen Garies, Springbok, Kamieskroon, Port Nolloth tot aan die verste punte  van die Noord-Kaap. Die maande van Augustus en September is “predominantly,” wanneer blomme kan besigtig word,” het Simon gesê.

Die Burkespas, die Goegap natuurreservaat, die Hester Malan flower garden, en die Messelpad  is waar die blomme voorkom.

Die Burkespas vat jou tussen die koppies van Springbok tot by Kamieskroon, waar baie mooi blomme gesien kan word.

Dit neem jou verder tot binne-in die Namakwa-Nasionale park, wat op sy beurt weer besaai is met blomme.

Baie keer word daar gewonder watter soort blomme is daar te sien en wat kan hulle doen om dit te kan gaan kyk.

Vanaf Springbok tot en met Nigramoep en Bulletrap kan oral mooi blomme gesien word.

Terwyl hy sit en gesels is daar ‘n lappieskombers van verskillende blomme voor hom uitgestrek.

Toeriste kom so ver vanaf die Wes-Kaap en Gauteng om die blommeprag te besigtig.

Die blom wat die meeste in Namakwa voorkom is die bottergousblom .

“Die beste tye om blomme te kyk is tussen 11:00 en 16:00 en die blomme sal nie hulle koppe uitsteek as die weer grys is nie”, sê Simon.

Leave A Reply

Your email address will not be published.