Namakwa distrik 16 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld

Die provinsie het 'n kumulatiewe totaal op 34 118.

0

In die jongste verslag periode het die Namakwa distrik 16 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld, wat toegeken is aan Hantam plaaslike munisipalitiet en Nama Khoi regsgebied.

Nama Khoi regsgebied se totale Covid -19 gevalle is 2 084, 1 791 genesings, 14 streftes met 279 aktiewe gevalle.

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal staan op 3 754, met 3 265 herstellings.

Die sterftes in die distrik staan op 18, dit laat die distrik met 471 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr.Zweli Mkhize, het aangekondig dat 61 mense positief getoets is vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie het ‘n kumulatiewe totaal op 34 118.

Frances Baard het die meeste nuwe positiewe gevalle (22) aangeteken, gevolg deur Namakwa (16), JT Gaetsewe (13), ZF Mgcawu (7) en Pixley ka Seme (2).

Ongelukkig is daar vandag een (1) nuwe COVID-19-sterfte in die provinsie aangemeld, wat die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies tot op 694 te staan bring.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie het tot 2 033 gedaal, waarvan 72 nuwe mense die afgelope 24 uur van die virus herstel het.

Die gemiddelde herstelkoers van die provinsie staan tans op 92%, wat ‘n kumulatiewe totaal van 31 389 mense verteenwoordig wat herstel het van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.