Namakwa-distrik bevestig 10 nuwe Covid-19 gevalle

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid Dr. Zweli Mhkize aangekondig dat 10 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

“Die Hantam regsgebied het die meeste gevalle in die distrik bevestig, met 6 nuwe positief getoetsde pasiënte.”

Die totale Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik is tans 2 806, terwyl 755 persone alreeds van Covid-19 herstel het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, is daar 16 Covid-19 verwante sterftes in die distrik bevestig.

Dit laat die distrik met ‘n totaal van 2 035 aktiewe gevalle van die koronavirus.

Die minister het nog 137 mense aangekondig wat positief getoets het vir Covid-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die totale postitief bevestigde gevalle op 29 894 te staan.

“In die jongste verslag het Pixley ka Seme die meeste positiewe gevalle (86) aangeteken, gevolg deur Frances Baard (24), Namakwa (10), JT Gaetsewe (9) en ZF Mgcawu (7).”

Die provinsie se totale kumulatiewe sterftes weens Covid-19 verwante komplikasies, het intussen gestyg tot 511.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is nou 4 647.

24 733 Mense het van die koronavirus herstel, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 83%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.