Namakwa Distrik bevestig 88 nuwe COVID-19 gevalle

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid dr. Zweli Mhkize aangekondig dat 88 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

“Die Nama Khoi regsgebied het die meeste gevalle in die distrik bevestig, met 47 nuwe positief getoetsde pasiënte.”

Die totale Covid-19 gevalle in die Nama Khoi regsgebied is tans 1 674, terwyl 505 persone alreeds van Covid-19 herstel het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, is daar 13 Covid-19 verwante sterftes in die distrik bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 1 156 aktiewe gevalle van die koronavirus.

Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.