Namakwa distrik lewer beste matriek resultate in die Noord Kaap

Die skool het dit goed geag om die Top Tien leerders van graad 8 tot 11 van 2020 te vereer met die tablette.

0

Die Namakwa distrik het die afgelope drie jaar die beste matriek resultate in die Noord Kaap opgelewer.

Die deptartement van onderwys het Maandag die 2020 matriekuitslae bekend gemaak.

Ten spyte van vele  uitdagings wat die 2020 matrikulante ervaar het, onder andere die COVID-19 pandemie en die aangepaste skoolkalender, het skole in die Namakwa Distrik geweldig goed in hul eindeksamens gevaar.

Steinkopf Hoërskool spog tans met ‘n matriek-slaagpersentasie van 73,25 %.

Die top presteerder vir die matrikluante van 2020 is Ronald Joseph.

86 Matrikulante op Steinkopf het die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) -eksamen afgelê in 2020.

Een van die voormalige leerders van diè skool, Rodwell Owen Cloete, wat werksaam is by Anglo American, in London in die Verenigde Koninkryk, wat die posisie beklee as hoof van volhoubare sakegeleenthede, het ‘n skenking van tablette aan die skool gedoen.

Hy was ‘n matrikulant in 1998.

Die skool het dit goed geag om die Top Tien leerders van graad 8 tot 11 van 2020 te vereer met die tablette.

Dit sal aangewend word vir opvoedkundige doeleindes.

Vandag is skenking gedoen aan graad 10 en 11 leerders van verlede jaar.

Leave A Reply

Your email address will not be published.